Wanneer die Here jou in ’n rigting stuur en sê: “always persevere”, moet jy  weet daar is werk wat gedoen moet word. Ek en Tinkie was egter oor ’n tydperk van vier jaar voorberei vir die aanstelling wat uiteindelik plaasgevind het. Hierdie welkombrief skryf ek nou, na ’n jaar by Impak gemeente en dit is met groot dankbaarheid dat ons ’n terugblik van dié tydperk hier kan doen.

Lees gerus ons visie en missie stellings, wat onlosmaaklik deel van enige geroepene se bediening en lewe is. In sy boek TransitioningDan Souhterland, enige leier van ’n gemeente behoort een of ander tyd met die uitdaging gekonfronteer te word, of hy tradisioneel gaan bly en of hy ’n  doelgedrewe” kerk gaan word. In kort sal dit beteken dat jy jou gemeente aan God se plan wil oorgee. Hierdie verskuiwing is ’n baie groot uitdaging vir enige leierskap. Dit behels die voorbereiding, definiëring en implementering van God se plan vir die oomblik. Die verder uitdagings kom wanneer jy die opposisie in eie geledere moet hanteer, koers aanpassing moet doen en streng moet evalueer. Bogenoemde is waarmee ons in 2008 besig was en nog is.

Asof dit nie genoeg was nie, moes ons ook van perseel verander vir duidelike praktiese redes. Laasgenoemde het groot finansiële, emosionele en fisiese druk op die leierskap van die gemeente geplaas. Ek kan vandag egter al die eer aan die Here gee vir Sy getrouheid.

Impak gemeenskapskerk is ’n gemeente wat gefokus is op die ongeredde en ongekerkte mense in ons omgewing. Ons hart is dat hierdie gemeente deeglik gevestig sal word en bekend sal wees as ’n gemeente wat ’n verskil maak waar dit saak maak. Ons is lief vir die Vader, Seun en Heilige Gees en deur ons prediking en aanbidding sal ons nie skroom om aan God gehoorsaam te wees nie.

Ek, Tinkie, Armand, Marisa en ons hele leierskap nooi jou hartlik uit om in te koop en aktief deel te word van God se plan vir Impak. Ons is opgewonde om jou in die voorste linies van God se geestelike weermag te sien, besig om grond gebied in te neem vir sy Koninkryk!

Liefde in Jesus Christus,
Past. André en Tinkie Niemand
   
Wie is ons? Ons Bedieninge Nuus en Gebeure Kursusse en Kampe Kalendar Word Deel Preke Enige Navrae Engelse Vertaling