Die prediking word waargeneem deur Pastore André Niemand en Armand Niemand en jy kan ’n warm en dinamiese boodskap te wagte wees. Die Woord word deeglik voorberei en raamwerke van die boodskappe is beskikbaar by meeste van die dienste. Prediking is daarop gefokus om die krag van die evangelie van Jesus Christus te verkondig asook om die mens in sy totaliteit uit te daag tot geestelike groei en volwassenheid.
Jesus Christus is die Woord wat vlees geword het en onder die sondige mens kom woon het. Wanneer ons die Woord lees en ook daarmee gevul word, kom ons naderaan Jesus: die Woord! Elke persoon het nodig om op ’n gereelde basis onder die geklank van die Woord te kom – daardeur ontstaan ware groei in ons verhouding met Vader, Seun en Gees. Dit is asof Jesus self, soos toe Hy hier op aarde was, tussen ons deurgaan wanneer ons inskakel by Woordgebaseerde prediking. By Impak glo ons dat die Woord van God finale outoriteit is en behoort te wees in jou lewe. Moet nie ons oggend- en aanddienste misloop nie!