Nuwe lidmate word uitgenooi om die NUWE LEDE-klas by te woon.
Hierdie NUWE LEDE-klas word in twee groepe verdeel:
Groep 1 (Dissipelskap en deelwording) is vir persone wat onlangs tot bekering gekom het of wat nog glad nie tot bekering gekom het nie. Dit sluit persone in wat nog nie die doop van onderdompeling gehad het nie asook persone wat nog nie met die Heilige Gees gedoop is nie. Hierdie klas bestaan uit 6 sessies en ons help jou om jou gawes te ondek en verder by gemeente bedieninge en aktiwiteite betrokke te raak.
Groep 2 (Impakkultuur en deelwording) is vir persone wat reeds
tot bekering gekom het. In hierdie groep deel ons met nuwe lidmate God se visie
en kultuur vir die gemeente, asook hoe jy verder by die gemeente aktiwiteite betrokke kan raak. Hierdie klas bestaan uit twee sessies. Nadat hierdie lidmaatskapklasse voltooi is, word nuwe lidmate tydens ’n erediens aan die gemeente voorgestel. Gesels met die bedieningsleiers van die betrokke bediening waar jy jouself beskikbaar wil stel. Om effektief te kan bedien en die gemeentekultuur te verstaan moet belangstellendes ten minste 6 maande
deel wees van die gemeente. Verder moet jy ’n gedoopte, tiende-betalende lidmaat wees. Indien jy enige vra het kontak gerus vir Lorriaan du Plessis by die kerkkantoor op 087 550 1060.
Word deel van ’n kerkfamilie wat ’n impak gaan maak sodat die ongeredede en ongekerkde in die Lig van God mag kom ... Word deel van ’n geestelike weermag wat geroep is om aan God eer te bring en die duisternis te verdryf ... |